ekonomie Flashcards
defensie van ekonomie
ekonomie is n studie van hoe individue, besighede, owerhede en ander organisasies besluit om skaarshulpbronne aan te wend, ten einde hul veelvoudige behoeftes te bevredig op n wyse wat doeltreffend en regverdig is
ekonometrie
statistiese metodes bv. ekstrapolering
ontwikkelingsekonomie
ophef van arm gemeenskappe verbetering van lewenstandaarde
groen ekonomie
nuwe ekonomiese geleenthede wat die omgewing nie benadeel nie bv. son en windenergie, groen geboue, gemodifiseerde landbouprodukte
omgewingsekonomie
volhoubare ontwikkeling omgewingsimpakstudies
internasionale ekonomie
handel, finansiering, internasionale handelsooreenkomste
arbeidsekonomie
studie van die arbeidsmag van n land vraag en aanbod na arbeid, wette en vakbonde
monetêre ekonomie
rol van geld, banke, krediet en rentekoers
makro-ekonomie
fokus op die eindresultate, bv. groot totale soos BBP, Nasionale inkome, gemiddelde inkomste
Mikro-ekonomie
fokus op kleiner elemente of individuele besluitnemings- eenhede bv. prys van melk in Gauteng
positiewe stelling
fokus op feite wat reeds gebeur het, nie opinies nie, bv. die primakoers is tans 8%
Normatiewe stellings
subjektief en gebasseer op opinies, nie feite nie, bv. die Wes-kaap is die beste provinsie om in te bly
sosiale wetenskap
maak n studie van mense en sluit ander wetenskappe in soos politiek, sosiologie en sielkunde
probleme van sosiale wetenskappe
-kan nie teorieë in laboratoriums toets soos natuurwetenskappe nie
-ekonome kan nie een veranderlike op n slag toets nie
-ekonome verskil van mekaar oor verloop en oplossing van probleme
-ekonome moet gebruik maak van modelle om die ekonomie te verstaan en te voorspel
BBP
bruto binnelandse produk is die totale waarde van finale goedere en dienste wat binne die grense van n land geproduseer word in n spesifieke tydperk gewoonlik een jaar