Ebw Flashcards
Ruilhandel
n Vorm van handel waar mense goedere ruil sonder om geld te gebruik
Kommoditeite
Artikels wat mense gebruik om te ruil
Promesses ( skuldbewyse)
Notas wat wetlik bindend is en wat koper gebruik om onvoorwaardelike aan verkopers te belowe dat hulle spesifieke bedrae geld binne n spesifieke tyd sal betaal.
Surplus
Wanneer daar n groter aanbod van iets is as wat die vraag daarna is; wanneer jy meer het as wat jy nodig het.
Verstedeliking
Die beweging van mense van landelike gebiede na stede, en die groei wat stede as gevolg hiervan ondervind
Ruilmiddel
n Rol van geld wat beteken jy kan dit verhandel of ruil vir goedere en dienste
Verrekeningseenheid
n Rol ba geld wat beteken dit is n standaardmaatstaf van hoeveel goedere en dienste werd is
Waardedraer
n Rol van geld wat beteken dit behou sy waarde oor tyd; dit dra gestoorde waarde
Globalisering
Die prose waardeur besighede kulture en gemeenskappe meer verbind word en onderling afhanklik raak van mekaar as gevolg van kommunikasie en reistegnologie.
Behoeftes
Goed waarsonder n mens nie kan oorleef nie
Begeertes
Goed wat mense graag wil he, maar wat hulle nie hoef te he nie
Welvarend
Om suksesvol en ryk te wees; die mense in welvarende gemeenskappe leef gerieflik en hulee het nie behoeftes waarin daar nie voorsien word nie.
Ekonomiese probleem
Die probleem wat veroorsaak word deur die beperkte hulpbronne wat hulle beskikbaar het om mense se onbeperkte behoeftes en begeertes te bevredig
Produksiefaktore
Die insette wat gebruik word om goedere en dienste te produseer. Dit sluit in arbeid, kapitaal,grond en entrepreneurskap.
Sektor
n Segment of gedeelte van iets
Primêr
Eerste of belangrikste
Sekondêr
Wat tweede kom, of wat minder belangrik is
Tersiêr
Op die derde vlak
Produsente
Mense wat hulpbronne gebruik om goedere te maak of dienste te lewer
Verbruikers
Mense wat goedere en dienste koop of gebruik
Ontwikkelende land
n Land waarvan die nywerhede en ekonomie nog besig is om te ontwikkel en waar die landsburgers n lae gemiddelde inkomste en n lae lewenstandaard het
Ontwikkelde land
n Land wat geïndustrialiseer en tegnologie is, waar die gemiddelde inkomste en die lewenstandaard hoog is
Eienaarsbelang (ekwiteit)
Iets wat die eienaar n belang in die besigheid gee bv. geld
Langtermynlaste/ niebedryfslaste
Skuld wat oor n tydperk van meer as n jaar terugbetaal word
Bedryfslaste
Skuld wat binne n paar maande ( minder as n jaar) terugbetaal word.
Winsmotief
Die begeerte om n wins te maak, motiveer n mens om by besigheidsaktiwiteite betrokke te raak.
Winsmotief
Die begeerte om n wins te maak, motiveer n mens om by besigheidsaktiwiteite betrokke te raak.
Verlies
Wanneer die uitgawe wat deur die besigheid betaal word, meer is as die inkomste wat verdien is.
Begroting
n Lys van die geld wat jy verwag om te ontvang en die uitgawes wat jy na verwagting binne n spesifieke tydperk moet dek.
SAID
Die Suid Afrikaanse Inkomstediens, die staatsliggaam wat verantwoordelik is vir die invordering van al die belasting in die land
Surplus
Wanneer die inkomste meer is as die uitgawes
Tekort
Wanneer die uitgawes meer is as die inkomste.
Tekort
Wanneer die uitgawes meer is as die inkomste.
Tatième
Betaling aan n besigheid vir die reg om intellektuele eiendom, soos skrynwerk of musiek, wat die besigheid besit, te gebruik
Dividende
Die bedrae wat besighede aan hulle aandeelhouers betaal as deel van die winste wat daardie besigheid gemaak het
Aandeelhouers
Individue of besighede wat aandele in n besigheid gekoop het
Aandele
Gedeeltes van n besigheid wat aandeelhouers koop om vir die besigheid kapitaal te verskaf om te begin en te funksioneer
Besigheids uitgawes
Die uitgawes wat besighede aangaan om in bedryf te bly
Belegging
Wanneer jy n finasiële produk soos n polis of n beleggingsplan, of n fiesies voorwerp soos n waardevolle skildery koop, kry jy een of ander finasiële opbrengs op daardie voorwerp of produk wanneerf jy dit verkoop of in kontant omsit.
Effektetrust
n Soort belegging waarin n beleggingsmaatskappy of bank baie mense of besighede se klein deposito’s neem en dit saamvoeg om dit as een geoot bedrag in n trust te belê.
Entrepreneur
n persoon met n besigheidsidee, wat dan daarin belê, dit organiseer en die besigheid bedryf om daardie idee te verkoop
KMMO
klein, medium of mikroonderneming; met ander woorde, n klein besigheid wat gewoonlok deur die eienaar bedryf word.
Sosio-ekonomiese wanbalanse
Wanbalanse in mense se toegang tot hulpbronne soos behuising, gesondheidsorg, opvoeding en behoorlike lewenstandaard
Grondwet
Dit is die hoogste wet van suid afrika, wat die regte en pligte van alle suid afrikaners uiteensit
Handves van regte
Ingesluit by die grondwet; dit is n lys van al die belangrikste regte van die burgers van n land
Broodlyn
Die lyn waarteen mense VS- $1 per dag verdien. Dit word beskou as die minimum bedraggeld wat n mens kan verdien om in jou basiesr behoeftes te voorsien.
Vaardigheidstekort
n Tekort aan sekere vaardighede soos dokters, vakmanne, boekhouers, ens, in n land
Volhoubare werksgeleenthede
Werksgeleenthede wat n lang tyd hou en wat in ekonomiese en omgewingsvolhoubarebedrywe is