Definisies Flashcards
Eenmansaak?
‘n Besigheid wat deur een persoon besit word, wat al die kapitaal bydra en die risiko van ‘n wins/verlies dra.
Algemene grootboek?
Rekininge met ‘n opsomming van al die inligting vanuit die joernale.
Balansstaat?
‘n Staat wat die finansiële posisie van die onderneming aan die einde van die jaar toon.
Inkomstestaat?
‘n Staat wat die wins/verlies vir die jaar toon.
Brondokumente?
Dokumente wat deur die rekenmeester gebruik word om transaksies aan te teken.
Transaksies?
‘n Ooreenkoms, in geld waarde, tussen twee partye.
Oorboeking?
Die proses om inligting , vanaf die joernale na die algemene grootboek, oor te boek.
Joernaal?
‘n Boek wat gebruik word om die eerste inskrywing van ‘n transaksie te maak.
KBJ?
Die Kontantbetalingsjoernaal is ‘n hulpjoernaal wat gebruik word om alle kontantbetalings van die onderneming aan te teken.
KOJ?
Die Kontantontvangstesjoernaal is ‘n hulpjoernaal wat gebruik word om alle kontant wat deur die onderneming ontvang word, aan te teken.
Proefbalans?
‘n Opsomming van die rekeninge in die algemene grootboek met hul eindsaldoe’s.
Bates?
Items met yeldwaarde, wat deur die onderneming besit word en gebruik word om ‘n wins te genereer.
Bedryfsbates?
Kontant en kontantekwivalente of bates wat binne 12 maande in kontant omgesit kan word (korttermyn)
Handelsvoorraad?
Goedere of handelsware wat op die winkel se perseel gehou word, of in die stoor beskikbaar is vir verkope.
Debiteur?
‘n Persoon of onderneming wat gald aan ons besigheid skuld omrede hy items op skuld gekoop het. (Klient)
Bank?
Verwys na lopende/tjekrekening by ‘n finansiële instansie.
Keleinkas?
‘n Klein hoeveelheid kontant beskikbaar vir klein betalings, in plaas daarvan om betalings per tjek te maak.
Wisselgeld?
Geld wat die besigheid hou as kleingeld aan kliênte.
Nie-bedryfsbates?
Items met geldwaarde, wat deur die onderneming besit word en wat vie ‘n tydperk langer as 12 maande deur die onderneming gebruik word om ‘n wins te genereer. (Langtermyn)
Grond en geboue?
‘n Nie-bedryfsbate wat die oorspronklike kosprys van die grond en geboue insluit.
Voertuie?
Motors, vragmotors, ens.
Toerusting?
Masjinerie, gereedskap, meubels, rekenaars, ens.
Laste?
Die onderneming se skuld; ‘n verpligting wat die onderneming het. (Skuld)
Bedryfslaste?
‘n Verpligting wat die onderneming het, wat oor ‘n tydperk minder as 12 maande terugbetaal word. (Korttermyn)
Krediteur?
Ondernemings het goedere van ‘n verskaffer of fabriek op skuld aangekoop. ‘n Persoon of onderneming aan wie ons onderneming geld skuld.
Oortrokke bank?
Leningsooreenkoms met die bank waar ‘n maksimum bedrag krediet (genoem oortrokke lemiet) toegestaan word. (Ongunstig)
Nie-bedryfslaste?
Onderneming se skuld betaal oor ‘n tydperk langer as 12 maande. (Langtermyn)
Verbandlening?
‘n Langtermyn-lening om eiendom te koop.
Ekwiteit?
Die belegging van die eienaar in die besigheid, E+B=L. Ook genoem eienaarsbelang.
Kapitaal?
Kontant of bates deur die eienaar bygedra. (+)
Onttrekkings?
Kontant of bates wat die eienaar uit die onderneming vir sy persoonlike gebruik neem. (-)
Inkomstes?
Transaksies wat ekwiteit vermeerder.
Verkope?
Geld ontvang vir die verkoop van produkte.
Lopende inkomste?
Geld ontvang vir dienste gelewer.
Kommissie inkomste?
Geld ontvang vir die inisiëring van ‘n verkoopstransaksie.
Rente op lopende rekening?
Geld ontvang op ‘n gunstige bank saldo.
Huurinkomte?
Geld ontvang van ‘n huurder vir die gebruik van eiendom.
Uitgawes?
‘n Transaksie wat ekwiteit verminder.
Advertensies?
Geld wat betaal is, as ‘n uitgawe, vir ‘n advertensie met die doel om nuwe en bestaande kliënte van ‘n produk of diens te bereik.
Bankkostes?
‘n Gooi gehef op ons rekening deur ‘n finansiële instansie.
Verbruikersgoedere?
Goedere wat opgebruik word tydens dienslewering.
Koste van verkope?
Die kosprys van goedere wat verkoop is.
Donasies?
Enige bydrae wat ‘n onderneming aan ‘n liefsdadigheidsorganisasie, onderwys, wetenskap, kuns, geletterdheid,godsdiens, ens. maak.
Fooie?
Dit sluit die kostes in vir die besigheidsregistrasies en hernuwings asook die proffessionele dienste van rekenmeesters, prokureursl boekhouers, belasting komsultante, adviseure en betaalfirmas.
Brandstof?
Die koste wat aangaan is met die aankoop van brandstof/petrol.
Versekering?
‘n Maandlikse of jaarlikse premie betaalbaar aan ‘n versekeringsmaatskappy vir die risiko van brand of diedstal.
Rente op oortrokke rekening?w
Rente deur die bank gehef op oortrokke bankrekening.
Internetfooi?
Die koste van ‘n internet-berbindimg en die gebruik van die internet.
Verpakkingsmateriaal?
Materiaal wat gebruik word om artikels of produkte te hanteer, te beskerm, en te vervoer, bv. sakke, borrelplastiek, geskenkpapier, bokse, ens.
Posgeld?
Die bedrag geld deur die Poskantoor/Postnet gehef word om briewe, pakkette, of ande voorwerpe te vervoer.
Eiendomsbelasting?
Belasting op eiendom wat aan plaaslike regerings (munisipaliteite) betaal word.
Huur uitgawe?
Huurkoste vir die gebruik van kantoorruimte, stoor en kleinhandelgebiede.
Herstelwerk en onderhou?
Die koste wat aangaan is vir die diens van en herstel van toerusting.
Salarisse?
Werkers se bataling op ‘n maandelikse basis?
Skryfbehoeftes?
Die koste wat aangaan is met die aankoop van papier en koeverte vir skryfwerk, tik of druk vir kantoorgebruik.
Diverse uitgawes?
Diverse of ongereelde uitgawes wat nie aan individiele grootboekrekeninge toegewys kan word nie en as ‘n groep geklassifiseer word.
Telefoon?
Die koste wat aangaan is vir die huur van ‘n telefoonlyn en /of telefoonoproepe, kan ook selfone insluit.
Handelslisenlie?
‘n Permit/lisensie wat deur die regering vereis word, om ‘n onderneming te bedryf.
Lone?
Lome is kontant wat aan werkers op ‘n weeklikse basis betaal word wat uurliks, weekliks of op stukwerk bereken word.
Water en elektrisiteit?
Die gebruikskoste vir dienste soos elektrisiteit, water en verwarmers.
EFO?
Elektroniese fondsoorplasing.
Verlies?
Die verskil tussen inkomstes en uitgawes; I<u></u>
Wins?
Die verskil tussen inkomstes en uitgawes; I>U (gunstig).