Definisies Flashcards
Bate:
Eiendom of ‘n reg op eiendom wat deur ‘n persoon of onderneming besit word en wat deur ‘n koop of ruiltransaksie verkry word.
Bv. Voertuie, wisselgeld, toerusting ens.
Vaste bate
Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur wat nie aangekoop is met die doel om te verkoop nie.
Bv. Grond, geboue, voertuie
Bedryfsbate
Bate wat uit kontant bestaan of wat binne 1 jaar in kontant omskep sal word, of die aanspraak/reg op eiendom (wat binne 1 jaar ontvang sal word)
Bv. Geld in bank, wisselgeld, kleinkas
Las
Bedrag wat die onderneming aan ‘n ander onderneming of persoon skuld. Nie geld wat aan die eienaar geskuld word nie.
Bv. Lenings, oortrokke bank
Langtermynlas
Las wat oor ‘n tydperk van langer as 1 jaar eers terugbetaal moet word.
Bedryfslas
Las wat binne ‘n tydperk van 1 jaar betaal moet word.
Ander woord vir bedryfslas
Korttermynlas
Kapitaal
Bedrag wat die eienaar in die besigheid belê.
Dit hoef nie net uit geld te bestaan nie.
Transaksie
Akt of gebeurtenis in die sakewereld waarvan die geldwaarde op ‘n bepaalde tydstip in ‘n onderneming se rekords opgeteken word
Ontvangste
Kontant wat deur die onderneming ontvang en gebank word
Betaling
Kontant wat deur die onderneming uitbetaal word
Uitgawe
Betaling vir dienste of kostes wat aangegaan is om inkomstes mee te genereer
Inkomste
Bedrag wat verdien word weens ‘n diens wat die onderneming verrig het aan iemand. Vermeerder eienaar se belangin onderneming.
Wins en verlies
Wins word gemaak as die inkomstes meer is as die uitgawes en
Verlies word gemaak as die uitgawes meer is as die inkomstes
Onttrekkings
Wanneer die eienaar geld of enigiets ander vd besigheid v persoonlike gebruik neem.
Bv. Eienaar neem verbruiksgoedere
Brondokument
Elke transaksie wat plaasvind word op ‘n dokument aangegeken. Die datum, bedrag, persoon betrokke en rede v d transaksie word aangeteken.
Bank
Verteenwoordig d lopende- /tjelrekening in die onderneming se boeke.
Wisselgeld
Die geld wat in die kasregister gehou word om kein betalingtjies, wat nie ‘n tjek regverdig nie, mee te maak
Kleinkas
‘n spesifieke bedrag geld wat gehou word om klein betalingtjies ,wat nie ‘n tjek regverdig nie, mee te maak
Inkomstestaag
Oorsig vd finansiele posisie vd onderneming op ‘n bepaalde datum. Toon die veramdering in eienaarsbelang aan. Wins of verlies word ook in inkomstestaat bereken
Balansstaat
Gee oorsig vd finansiele posisie vd onderneming op ‘n bepaalde datum. Toon eienaarsbelang, bates en laste aan
Joernaal
Boek waarin verskillende brondokumente volgens soort vd verskillende transaksies opgesom word.
Grootboek
Word inligting v al die verskillende joernale weer opgesom om ‘n geheelbeeld vd onderneming se finansiele sake te kry
Eienaarsbelang
Die totale waarde vd eienaar se belegging in d besigheid. Die eienaar verdien die netto wins. Netto wins vermeerder d waarde vd eienaar se belegging. Ontrekkings verminder die waarde vd eienaar se belegging. Eienaarsbelang = kapitaal + netto wins - ontrekkings.
Kwitansie
Brondokument wat uitgereik of ontvang word v kontanttransaksies.
Kasregisterrol
Strook papier in d kasregister waarop d kontantverkope vd dag gedruk word
Tjek
Vorm wat ingevul word om iemand te betaal sonder om kontamt te gebruik
Kleinkasbewys
Brondokument v betalings uit d kleinkas
Materiaal
Items wat deur d besigheid gebruik word ok beter diens aan s kliënte te lewer