Bou van kelp Flashcards
Hoe lank kan kelp word?
12-14m
Kelp is meersellig, maar hoe vertoon hierdie selle?
Alle selle lyk eenders
Hoe funksioneer elke sel?
Op sy eie
Kelp het nie wortels, stingels of blare nie. Wat noem jy die struktuur?
‘n Tallus
Uit watter 4 streke bestaan kelp?
Lamina
Dryfblaas
Steun
Hegstuk
Wat is die lamina?
Stroke wat op die oppervlak van water dryf
Wat is die funksie van die lamina?
Vergroot die oppervlak vir die opname van water, gasse, sonlig
Wat is die dryfblaas?
Hol, verdikte area wat die lamina laat dryf
Wat is die steun?
“Stingel”
Buigbaar
Beweeg saam met die water en branders
Wat is die hegstuk?
Fingeragtige groeisels wat die kelp aan rotse of klippe anker
Wat bevat die selwande van kelp?
Sellulose
Wat kom tussen die selwande van kelp voor?
Algien
Wat keer dat die kelp breek a.g.v. die krag van die golwe?
Hulle is sterk en leeragtig
Kelp bevat chlorofil, maar hoekom vertoon dit nie groen nie?
Dit vertoon bruin, omdat daar meer bruin as groen pigment is