Bou van Amoeba Proteus Flashcards
Uit watter hoeveelheid selle bestaan die amoeba?
Eensellig
Hoe groot is die amoeba?
Mikroskopies klein
Is die amoeba prokarioties of eukarioties?
Eukarioties
Watter kleur en vorm is die amoeba?
Kleurloos
Geen vaste vorm
Wat is afwesig by die amoeba?
Die selwand en chloroplaste
Watter kenmerke is afnwesig by die amoeba?
Geen plantkenmerke
Nie ‘n groot vakuool nie
Het lisosoom, kontraktiele vakuool en selmembraan
Wat is die doel van die selmembraan?
Beheer diffusie van stowwe in en uit die sel
Waar kom die ektoplasma voor?
Net binne die selmembraan
Hoe vertoon die ektoplasma?
Jellie
Deurskynend
Hoe vertoon die endoplasma?
Korrelrig en grys a.g.v. voedingstowwe, afval
Meer vloeibaar
Wat is siklose?
Die voortdurende strome in sitoplasma
Wat is die funksie van siklose?
Sirkuleer voedingstowwe
Wat is die funksie van die kontraktiele vakuool?
Beheer waterinhoud van sel (osmoregulering)
Hoe vind osmoregulering plaas in die Amoeba?
Water beweeg in sel in d.m.v. osmose
Water versamel in die vakuool
Vakuool beweeg na die oppervlak, bars oop, stel water vry
Water versamel weer in die volgende vakuool
Hoe word die pseudopodia gevorm?
Ektoplasma verander in endoplasma
Endoplasma vloei uit, rante verander weer na ektoplasma