Biodiversiteit Van Mikro-organismes Flashcards
Wat is ‘n kapsied?
Proteïen kapsel wat kern materiaal van ‘n virus omring.
Wat is asellulêr?
Nie-sellulêr
Wat is ‘n verpligte parasiet?
Parasitiese organisme wat nie sy lewensiklus kan voltooi sonder om ‘n gasheer uit te buit nie.
Wat is ‘n gasheer?
‘n Organisme wat ‘n parasiet huisves.
Wat is patogenies?
Organisme wat siektes veroorsaak.
Wat is ‘n bakteriofaag?
Tipe virus wat bakterieë besmet.
Wat is ‘n nukleoïed?
Onreëlmatige gevormde gebied binne in ‘n sel van ‘n prokarioot wat meeste of alle genetiese materiaal bevat
Wat is ‘n retro virus?
Dis virusse met RNA, soos hiv wat vigs veroorsaak
Wat is prokarioties?
Organisme waar kern materiaal nie omring word deur ‘n membraan nie
Wat is eukarioties?
Organisme wat ‘n membraangebonde kern het wat genetiese materiaal omsluit
Wat is flagellum?
Sweepagtige aanhangsel wat selle of mikro organismes help met beweging
Wat is outotrofies?
Organismes wat hul eie voedsel vervaardig
Wat is heterotrofies?
Enige organisme wat voedsel uit die omgewing verkry
Wat is saprofities?
Plante of swamme wat op dooie of verrotte weefsels van ander organismes voed
Wat is tweedeling?
Ongeslagtelike voortplanting van ‘n enkele sel wat deur mitose verdeel
Wat is ‘n endospoor?
Taai, beskermende, nie-reproduktiewe bakteriële struktuur wat DNA en sitoplasma bevat
Wat is ‘n plasmied?
Klein, sirkelvormige, dubbelstring DNA molekule wat onderskei kan word van ‘n sel se normale chromosale DNA
Wat is ‘n slym kapsel?
Dit beskerm die sel teen uitdroging
Wat is die protista ryk?
Versameling van eukariotiese organismes
Wat is akwaties?
Lewe in of naby water
Wat is fitoplankton?
Baie klein plante wat op/of naby die oppervlak van water dryf
Wat is sooplankton?
Dit bestaan uit klein diere en onvolwasse fase van groter diere wat op/of naby oppervlak van water dryf
Wat is sessiel?
Sessiele organismes is permanent vasgeheg aan iets en kan nie op hul eie beweeg nie, maar kan beweeg deur eksterne faktore
Wat is chitien?
Veselagtige stof bestaande uit polisakkariede
Wat is hifes?
Netwerk van meersellige, draadagtige filamente wat miselium van ‘n fungus vorm
Wat is miselium?
Vegetatiewe massa/netwerk van fungi-of bakteriële hifes wat in en op grond of organiese substrate aangetref word
Wat is multinukleêr?
Selle wat meer as een kern per sel het
Wat is risoïede?
Draadagtige strukture wat laer plante en fungi aan ‘n oppervlakte vasheg
Wat is afknopping?
Vorm van ongeslagtelike voortplanting wat afknyp van nakomelinge van ouersel behels