Afrikaans Idiome Flashcards
Elke huis het sy kruis
Elke huis het sy probleme
Die gogga het jou gebyt
Jy is baie entoesiasties oor iets
Die appel val nie ver van die boom nie
‘n Kind aard na sy ouers
Van A tot Z
Van begin tot end
Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld.
Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp.
Iets staan iemand nie aan nie.
Iemand hou nie van iets nie
Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.
Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse.
Iemand se aandele styg/daal by iemand anders.
Iemand kry ‘n gunstiger/slegter indruk van iemand anders.
Iets aandik
oordryf
Aangeklam wees
(effens) dronk wees
Van aangesig tot aangesig met iemand praat
‘n persoonlike gesprek met iemand voer
Hoog in aansien wees
Hooggeag wees
met die verkeerde been / voet uit die bed klim
in ‘n slegte bui opstaan
Steen en been kla
baie kla
Die strydbyl begrawe
vrede sluit.
‘n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie
‘n geskenk moet jy nie kritiseer nie.
‘n Bitter pil om te sluk
‘n moeilike ding om te verwerk.
Hy voeg die daad by die woord.
Hy doen dadelik wat hy gesê het.
Al is ‘n pot nog so skeef, hy kry ‘n deksel
die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
Jou vuurdoop deurstaan
die moeilike aanvanklike toets slaag
Iets uit jou duim suig
iets opmaak
Elke voël sing soos hy gebek is
elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte
My geheue speel my parte
my geheue laat my in die steek
Gee ‘n man die pinkie, dan vat hy die hele hand
gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee.
Jy moet hare op jou tande hê
jy moet jou man kan staan.
Iemand rot en kaal steel
al die besittings van iemand steel
‘n Padda in die keel hê
hees wees.
Die kinders sit en tande tel
die kinders sit en luister wat die grootmense praat.
Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)
die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesê van ‘n identiese tweeling)
Hy hou darem nog kop bo water
hy sorg dat hy nie ondergaan nie
Hy dra water in ‘n mandjie aan.
Hy probeer wat onmoontlik is.
Met ‘n mond vol tande sit
beteuterd sit en niks praat nie.
Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.
Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse.
Hy is ‘n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.
Hy pak alles aan, maar maak van niks ‘n sukses nie.
Die perke oorskry
te ver gaan
Dis net die oortjies van die seekoei
wat aan ons bekend is, is slegs ‘n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem
Moenie alles vir soetkoek opeet nie.
moenie alles glo nie
Jou ouma die paplepel leer vashou
iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy.
Oos wes, tuis bes
in jou eie huis is jy die gelukkigste.
Pa staan vir iets
die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar
Van ‘n padda vere probeer pluk
die onmoontlike probeer vermag
As dit pap reën, moet jy skep
As ‘n geleentheid kom moet jy daarvan gebruik maak
Trou is nie perdekoop nie
trou is ‘n ernstige stap
Jou pêrels voor die swyne werp
iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie
Jou rammetjie-uitnek hou
jou grootman, windmakerig of parmantig hou
Daardie persoon is my regterhand
daardie persoon is my belangrikste hulp, my troue steun.
Daar is nooit ‘n rokie nie of daar brand ‘n vuurtjie / waar ‘n rokie is, moet ‘n vuurtjie brand
in elke skinderpraatjie steek daar ‘n greintjie waarheid
Rome is nie in een dag gebou nie
‘n groot werk kom nie in een dag tot stand nie
Alle paaie lei na Rome
‘n mens kan jou doel op verskillende maniere bereik
Hoe meer siele hoe meer vreugde
hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit
Agteros kom ook in die kraal
al is ’n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees
Vele hande maak ligte werk
As almal saamwerk word die werk vinniger gedoen
Iemand heuning om die mond smeer
Mooi of gawe dinge van iemand se omdat jy iets van hom of haar wil hê