AFRIKAANS Flashcards
Aktiwieteit 9
Wat is prosa
Gewone vorm van spreek- of skryftaal, sonder ritmiese reëlmaat of rympatroon.
Dit is ‘n aaneenvloeiende gedagtestroom wat geskryf is.
Wat is poësie?
Digkuns / gedigte.
Die rymwoorde aan die einde van elke versreël is belangrik.
Rym word net by poësie aangetref, nie by prosa nie.
Wat is rym?
Dit is die ooreenstemming of gelykheid van klanke en die vernaamste klankelemente van digkuns.
Rym verbind die versreëls en beklemtoon vokale.
Hoekom word rym in patrone aangewend?
Ter wille van die klanke en skoonheid.
Hoeveel rymsoorte kry ons en noem hulle?
Daar is 4 rymsoorte:
- Paarrym
- Kruisrym
- Omarmde rym
- Gebroke rym
Wat is paarrym?
a]
a]
b}
b}
Wat is kruisrym?
a]
b}
a]
b}
Wat is omarmde rym?
a]
b}
b}
a]
Wat is gebroke rym
a
b
c
d
Wat word die herhaling van klinkers en medeklinkers in gedigte genoem om die besondere ritme te gee?
- Alliterasie
- Assonansie
Wat is alliterasie?
Wanneer ‘n aantal beklemtoonde lettergrepe met dieselfde konsonante herhaal word.
Wat is assonansie?
Die konsonante verskil maar die vokale rym.
Wat noem ons dit as vokale herhaal word?
Assonansie
Wat is ‘n metafoor?
Dit is ‘n figuurlike uitdrukking wat op ‘n vergelyking berus.