Organiese Molekules Flashcards
Homoloë reeks
‘n Reeks organiese verbindings met dieselfde funksionele groep (met dieselfde groep atome verskil) en wat deur dieselfde algemene formule beskryf word.
Koolwaterstowwe
Organiese verbindings wat slegs uit C- en H- atome bestaan wat kovalent gebind is.
Funksionele groepe
‘n Verbinding, atoom of ‘n groep atome wat die kenmerkende fisiese en chemiese eienskappe en reaksies van ‘n groep organiese verbindings bepaal. Vorm saam ‘n homoloë reeks.
Organiese chemie
Die studie van koolstofverbindings
Molekulêre formule
‘n Chemiese formule wat ‘n aanduiding gee van die tipe en die aantal atome in ‘n molekule
Gekondenseerde formule
Die verkorte vorm van die struktuurformule. Dit dui die atome van die verbinding aan en die wyse waarop dit gebind is, maar toon nie al die bindingslyne nie.
Versadigde koolwaterstof
Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie.
Onversadigde koolwaterstof
Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings voorkom.
Hidroksielgroep
-OH gebind aan ‘n koolstofatoom of koolstofketting. Dit is die funsionele groep by alkohole. Dit vorm waterstofbindings met ander hidroksielgroepe asook karbonielgroepe.
Karbonielgroep
Koolstof-suurstof dubbelbinding. Aangetref in funksionele groepe vir aldehiede en ketone.
Karboksielgroep
Koolstof-suurstofdubbelbinding met -OH. Karboksielgroep is die funksionele groep vir karboksielsure.
Sykettings (alkielgroepe)
‘n Groep wat gevorm word deur die verwydering van ‘n H-atoom van ‘n alkaan. Die aantal C-atome in die syketting bepaal die naam van die syketting.
Organiese molekule
Verbinding wat koolstofatome bevat.
Koolstof
Basiese bousteen van lewende organiese verbindings wat deur die aarde se water, lug, grond en lewende organismes hersirkuleer.
Struktuurisomere
Verbindings met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuurformules staan as struktuurisomere bekend.
3 tipes isomere
- Ketting-isomere: verskillende kettings
- posisionele isomere: verskillende posisies van dieselfde funksionele groep
- funksionele isomere: versillende funksionele groepe
IUPAC
International Union of Pure and Applied Chemistry
Skeletformule/lynformule
Lyne verteenwoordig C-atome. H-atome word nie aangedui nie.
Empiriese formule
Eenvoudigste verhouding van al die elemente
Struktuurformule
Toon aan watter atome in die molekuul aan mekaar gebind is. Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om alle bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon.
Kettingisomere
Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende ketting lengtes
Posisionele isomere
Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe.
Funksionele isomere
Verbindings met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende funksionele groepe
Makromolekuul
‘n Molekuul wat uit ‘n groot aantal atome bestaan.