Ontkenning Flashcards
Die kinders speel in die tuin.
Die kinders speel nie in die tuin nie.
Jan doen sy huiswerk.
Jan doen nie sy huiswerk nie.
Piet gaan nou winkel toe.
Piet moenie nou winkel toe gaan nie.
Gaan jy vandag skool toe?
Nee,ek gaan nie vandag skool toe nie.
Is daar iemand wat musiek speel?
Nee,daar is niemand wat musiek speel nie.
Het jy al ooit ñ spook gesien?
Nee,ek het nog nooit ń spook gesien nie.
Het jy nog lekkers oor?
Nee.ek het nie meer lekkers oor nie.
Kan jy nog alles onthou?
Nee,ek kan niks meer onthou nie.
Daar is erêns nog ń ou boek.
Daar is nêrens meer ń ou boek nie.
Ek wil nog iets vir jou sê.
Ek wil niks meer vir jou sê nie.
Daar het nog iemand in die huis agter gebly.
Daar het niemand meer in die huis agter gebly nie.
Ek het nog geld oor aan die einde van die maand.
Ek het niks meer geld oor aan die einde van die maand nie.
Ek weet alles van planete af.
Ek weet niks van planete af nie.
Het jy al een van daardie boeke gelees?
Nee,ek het nog geen van daardie boeke gelees nie.
Het jy al jou huiswerk gedoen?
Nee, ek het nog nie my huiswerk gedoen nie.