Hoofstuk 3 Flashcards
Stuurwiel
- draai die stuurwiel om van rigting te verander
* hou albei hande op die stuurwiel, behalwe wanneer jy ratte wissel of handseine gee
Rigtingwyser
Kan aan enige kant van die stuurwiel wees
Druk die wyser op of af om te wys jy gaan regs of links draai
Rathefboom
Gebruik die rathefboom om die ratte te wissel na gelang van hoe vinnig jy ry
Handrem
- trek die handrem op om die voertuig tot stilstand te bring nadat jy gestop het
- gebruik die uitklinkknop wanneer jy dit doen
Koppelaarpedaal
Trap die koppelaarpedaal met jou linkedvoet in as jy ratte wissel
(LW: outomatiese voertuie het nie ń koppelaarpedaal nie)
Voetrempedaal
Trap die voetrempedaal met jou regtervoet in as jy stadiger wil ry of wil stilhou
Versneller
Trap die versneller met jou regtervoet in om die voertuig vinniger te laat ry
Truspieël
Kyk in die spieël om seker te maak datdit agter jou voertuig veilig is
Kantspieëls
Kyk in die spieëls om seker te maak dat dit agter jou voertuig veilig is
Ruitveër(s) en ruitveërskakelaar
Gebruik die skakelaar om die ruitveërs aan te skakel sodat jy beter kan sien wanneer jy in die reën, ens. ry